Main Article Content

In gesprek oor Hugo Distler: <i>Eine musikalische</i> Biographie


Stephanus Muller
Winfried Lüdemann

Abstract

Winfried Lüdemann is 'n oudstudent van die Universiteit van die Vrystaat in Bloemfontein, waar hy musikologie, orrel en tromboon bestudeer het. Hy het sy M.Mus. in 1981 verwerf met 'n tesis oor die motette van die Duitse komponis Hugo Distler. Sy doktorale proefskrif oor die instrumentale musiek van Hugo Distler is in 1988 voltooi aan die Universiteit van Stellenbosch, waar hy in 1979 begin doseer het en tans medeprofessor in musiekwetenskap is. Lüdemann was tot 2004 voorsitter van die Musiekwetenskapvereniging van Suidelike Afrika, 'n posisie wat hy ook vir 'n groot deel van die negentigerjare beklee het. Sy biografie van Distler, Hugo Distler: Eine musikalische Biographie, is in 2003 deur Wissner-Verlag gepubliseer as deel van die reeks Collectanea Musicologica onder redaksie van Franz Krautwurst. In die boek word Distler se musiekskepping vir die eerste keer omvattend onder die loep geneem met die inagneming van heelwat voorheen onbekende bronmateriaal. Die studie is beduidend vir die
wyse waarop dit nuwe lig werp op sowel Paul Hindemith se invloed op Distler as komponis as vir die antwoorde wat dit postuleer op die problematiek van biografie in die algemeen, maar ook meer spesifiek ten opsigte van biografie as musiek-historiografiese dissipline.

Tydskrif vir Letterkunde • 43(1) • 2006: 141-153

Journal Identifiers


eISSN: 2309-9070
print ISSN: 0041-476X