Main Article Content

Die gesin as faset van tuisgebaseerde sorg vir die verswakte MIV- en VIGS-pasiënt in die myngemeenskap van


R Steyn
M P Koen
M J Williams

Abstract



Benewens die feit dat Suid-Afrika wêreldwyd uitgesonder word as die land met die hoogste voorkoms van VIGS, word die myngemeenskap van Suid-Afrika verder uitgesonder weens die hoë voorkomssyfer van MIV en VIGS in hierdie gemeenskap. In 'n poging om druk op die gesondheidsdienste te verlig het die klem van hospitaalgebaseerde
sorg na tuisgebaseerde sorg van die verswakte MIV- en VIGS-pasiënt verskuif. As gevallebestuurder in diens van 'n mynmaatskappy, was die navorser gereeld in kontak met gesinne van verswakte MIV- en VIGS-pasiënte. Die navorser het ervaar dat hierdie gesinne nie voorberei is op die versorging van hierdie gesinslede nie. Na aanleiding
hiervan asook die hoë voorkomssyfer van MIV en VIGS in die myngemeenskap was die doel van hierdie navorsing om die belewenisse van die gesinne van die verswakte MIV- en VIGS-pasiënte in die myngemeenskap van die Noordwes Provinsie ten opsigte van tuisgebaseerde sorg van hierdie pasiënt te verken en te beskryf. Die navorsing
het ook ten doel gehad om tuisgebaseerde sorg aan die verswakte MIV- en VIGS-pasiënt te bevorder deur die formulering van riglyne vir die gemeenskapsverpleegkundige om gesinne te bemagtig ten opsigte van die lewering van tuisgebaseerde sorg aan die verswakte MIV- en VIGS-pasiënt. Die gepaste navorsingsontwerp vir die bereiking
van bogenoemde doelstellings was 'n kwalitatiewe navorsingsontwerp. Doelgerigte vrywillige steekproefneming is gedoen. Deelnemers is geïdentifiseer deur gebruik te maak van insluitingskriteria. Die steekproefgrootte is bepaal deur dataversadiging wat na tien onderhoude bereik is. Data-insameling het plaasgevind deur in-diepte onderhoude
wat deur 'n enkelvraag ingelei is. Data-analise is onafhanklik deur die navorser en 'n medekodeerder gedoen. Die resultate van die navorsing was 'n beskrywing van die gesinne se belewenisse ten opsigte van die tuisversorging van die verswakte MIV- en VIGS-pasiënt in die myngemeenskap van die Noordwes Provinsie. Dit is onderverdeel in die
gesin se belewenisse ten opsigte van: 1) die versorging van die verswakte MIV- en VIGS-pasiënt (fisieke, psigiese, sosiale en geestelike dimensie); 2) die gemeenskap se reaksie teenoor die gesin (negatiewe en positiewe belewenisse) en 3) die sterwensproses. Uit hierdie resultate is gevolgtrekkings gemaak wat aanleiding gegee het tot die formulering
van riglyne vir die gemeenskapsverpleegkundige om die gesin te bemagtig ten opsigte van die versorgingstaak van die verswakte MIV- en VIGS-pasiënt.

Apart from the fact that South Africa is singled out worldwide as being the country with the highest incidence of HIV and AIDS, the mining community within South Africa is further implicated as having a high incidence of HIV and AIDS. In an attempt to alleviate pressure on health services, the emphasis has shifted from hospital-based care to home-based care of the debilitated HIV and AIDS patient. As a case manager employed by a mining company, the
researcher has had regular contact with families of debilitated HIV and AIDS patients. The researcher experienced that these families are not prepared for caring for these family members. In consequence of this and of the high incidence of HIV and AIDS in the mining community the aim of this research was to explore and describe the experiences of the families of the debilitated HIV and AIDS patient in the mining community of the North-West
Province with regard to home-based care of these patients. The research also aimed at promoting home-based care of the debilitated HIV and AIDS patient by formulating guidelines for the community nurse on the basis of which families can be empowered regarding the delivery of home-based care to the debilitated HIV and AIDS patient. The
appropriate research design for the above-mentioned aims was a qualitative research design. Purposive voluntary sampling was done. Participants were identified by means of selection criteria. The sample size was determined by data saturation that was reached after ten interviews. Collection of data took place by means of in-depth interviewing
that was introduced by a single question. The researcher and a co-coder independently analysed the data. The results of the research were a description of the experiences of the families relating to home-care of the debilitated HIV and AIDS patient in the mining community of the North West Province. It was categorised into the experiences
of the family with regard to: 1) caring for the debilitated HIV and AIDS-patient (physical, psychological, social and spiritual dimension); 2) the community's reaction towards the family (positive and negative) and 3) the dying process. From these results conclusions were drawn that gave rise to the formulation of guidelines for the community
nurse in order to empower the families for the task of caring for the debilitated HIV and AIDS patient.

Keywords: verswakte MIV- en VIGS-pasiënt; myngemeenskap; gemeenskapsgebaseerde sorg; tuisgebaseerde
sorg; gesin; gemeenskapsverpleegkundige; primêre versorger

Health SA Gesondheid Vol. 11 (1) 2006: pp. 3-17

Journal Identifiers


eISSN: 2071-9736
print ISSN: 1025-9848