Main Article Content

100 years of Galloway <i>Boeresport</i> in the Free State


P Labuschagne

Abstract



100 jaar van Galloway-boeresport in die Vrystaat:
Gedurende Augustus 2010 sal die Taaiboschspruit-amateursportvereniging Nr 1 in
\'n posisie wees om sy 100-jarige bestaan te vier. Met die uitsondering van byeenkomste wat uitgereën het, het die byeenkoms net by een geleentheid nie plaasgevind nie (die kansellasie tydens die woelinge wat gedurende die 1914-rebellie plaasgevind het). Met dié uitsonderings word die byeenkoms sedert 1910 jaarliks ononderbroke georganiseer. Die byeenkoms moet gevolglik een van net \'n paar atletiek- en boeresportbyeenkomste wees wat daarop aanspraak kan maak dat dit bykans reeds \'n eeu lank gereël word. In dié artikel word die kulturele bydrae tot sosialisering van die plaaslike gemeenskap deur middel van dié atletiek- en boeresportbyeenkoms geskets. Die volharding van die organiserende komitee en die kulturele belangrikheid daarvan word deurlopend benadruk. Die organiseerders het oor jare gepoog om die politieke invloed in die aktiwiteite te beperk en binne hanteerbare vlakke te hou. Die vlak van politieke inmenging het nogtans nie die
kulturele en sosiale waarde wesenlik negatief aangetas nie. Die Galloway-boeresport
is en bly \'n kulturele baken in die sentrale Vrystaat.

Keywords: keyboeresportkultuur, Galloway, politiek, atletiek, Taaiboschspruit

South Africa Journal of Cultural History Vol. 21 (2) 2007: pp. 62-79

Journal Identifiers


eISSN: 1011-3053