Main Article Content

“Treu Deutsch alle Wege!” – Cultural identity and the “German” community of Philippi


L Rabe

Abstract



Treu Deutsch Alle Wege! – kulturele identiteit en die “Duitse” gemeenskap van
Philippi:
In 'n tyd waarin die begrip identiteit 'n brandende kwessie op die Suid-Afrikaanse agenda is, terwyl gepoog word om die land se post-94-identiteit te herdefinieer in 'n veeltalige, multikulturele samelewing, kan dit verhelderend wees om te fokus op 'n spesifieke gemeenskap en sy pogings om 'n sekere identiteit te vestig. Ná 'n inleidende agtergrond van die gemeenskap, word die konsep van identiteit kortliks in die artikel bespreek en dan gefokus op die afstammelinge van die Duitse immigrante na Philippi op die Kaapse Vlakte, en spesifieke geleenthede waarin die binêre aard van hulle nasionale kulturele identiteit na vore kom. 'n Spesifiek Duitse identiteit het elke aspek van hulle lewe gevorm – van geloof tot skool, werk en ontspanning. Tog het hierdie immigrante hulleself as Suid-Afrikaners beskou. Die redes vir hierdie Duitse nasionalistiese identiteit word bespreek. Die artikel toon
ook die onvermydelike invloed aan wat die Tweede Wêreldoorlog op die gemeenskap gehad het, en, as 'n gevolg, hoe die “grens”-identiteit van terselfdertyd Duits- en
Suid-Afrikaans-wees, selfs versterk is.

Keywords: afstammelinge, Duitse gemeenskap, Duitsland, identiteit, immigrante, kultuur, Suid-Afrika.

South Africa Journal of Cultural History Vol. 22 (2) 2008: pp. 86-106

Journal Identifiers


eISSN: 1011-3053