Main Article Content

Die verwydering van radioaktiewe monasietstof uit die longe van rotte na intratrageale toediening


B.F. Thiart
F.M. Engelbrecht

Abstract

Die verwydering van stofpartikels uit die longalveoli is 'n belangrike faktor in die voorkoming van pneumokomose. Wanneer partikulere materiaal in die longalveoli beland, kan dit verwyder word via die limfsisteem, die brongiale boom, en deur oplossing. Indien die longe egter te doen kry met uiters swak oplosbare stofsoorte soos die oksiede van uraan en silikon en monasietstof, kan uitskeiding dem oplossing in die Jiggaamsvloeistof geen noemenswaardige rol speel rue. Die vraag ontstaan nou watter van die oorbJywende twee uitskeidingswee die grootste aandeel het aan die verwydering van partikels vanuit die alveoli.


Journal Identifiers


eISSN: 2078-5135
print ISSN: 0256-9574