Main Article Content

Godsdiens en die pasiënt - hoe sien die algemene praktisyn dit? 'n Studie in Bellville


Marius Meyer

Abstract

Godsdiens is een van die faktore wat die biopsigososiale model van moderne geneeskunde beinvloed. 'n Studie is onderneem om die invloed van godsdiens vanuit die algemene praktisyn se oogpunt te ondersoek. Vraelyste oor persoonlike godsdienstige oortuigings en hoe godsdienstige faktore die geneesheer-pasiëntverhouding beinvloed is aan 49 geneeshere in Bellville gestuur. Die responssyfer was 80%. Die meeste praktisyns in hierdie studie lewer waardevolle insette in die geestelike sake van hul pasiente. Hoewel feitlik almal reeds pasiënt na geestelike leiers verwys het, doen 17% van praktisyns nooit navraag in verband met geestelike sake nie. Die meerderheid beskik ook net soms oor genoeg kennis en insig vir die aanspreek van geestelike sake. 'n Gebrek aan opleiding in die verband en 'n gebrek aan lidmaatskap aan godsdienstig-mediese verenigings is as leemtes uitgewys. Verwysing van pasiënt na geestelike leiers word negatief beinvloed deur beperkte professionele kontak en toenemende pasiëntgetalle. WerkHke navraag in verband met geestelike sake word negatief beinvloed deur jonger ouderdom van die praktisyn, mnder tyd bestee aan persoonlike godsdienstige aktiwiteite deur die praktisyn self en toenemende pasiëntgetalle. Daar bestaan 'n wanverhouding tussen die siening van die waarde van geestelike leiers en die werkllke verwysings na hulle. Die minderheid van praktisyns verwys pasiente na alternatiewe geneeskundige rigtings.


Journal Identifiers


eISSN: 2078-5135
print ISSN: 0256-9574