Main Article Content

Epistemologiese en ontologiese dominante in "Die beiteltjie" van N.P. van Wyk Louw en "Kieselguhrkleim" van George Weideman


Ronel Foster

Abstract

Epistemological and ontological dominants in two Afrikaans poems [Afrikaans]


In this article the concept of the dominant, as introduced by the Russian Formalists Jurij Tynjanov and Roman Jakobson and elaborated by Brian McHale, is applied in a discussion of two Afrikaans poems by N.P. van Wyk Louw and George Weideman. McHale argues that the difference between modernist and postmodernist texts may be found in the shift of the dominant from problems of knowing to problems of modes of being – from an epistemological dominant to an ontological one. The discussion of the two poems is supplemented by Linda Hutcheon's theory of double-coding and historiographic metafiction. While Louw's poem is shown to be mainly epistemological, Weideman's poem is characterized by double-coding, the presence of both epistemological and ontological aspects, the paradoxical inscribing and contesting of modernist conventions, and the combination of both historiographic and metapoetic elements. As such, it might be regarded as an early example of Afrikaans historiographic metapoetry.


Key Words: The dominant (Tynjanov & Jakobson), Afrikaans poetry, N.P. van Wyk Louw, George Weideman, metapoetry.


Epistemologiese en ontologiese dominante in "Die beiteltjie" van N.P. van Wyk Louw en "Kieselguhr-kleim" van George Weideman


In hierdie artikel word die konsep van die dominant, soos voorgestel deur die Russiese Formaliste Jurij Tynjanov en Roman Jakobson en later uitgebrei deur Brian McHale, benut in 'n bespreking van twee gedigte deur N.P. van Wyk Louw en George Weideman. McHale is van mening dat die verskil tussen modernistiese en postmodernistiese tekste gevind kan word in 'n oorgang van 'n epistemologiese dominant tot 'n ontologiese een - dit wil sê van 'n dominant waarin kennisteoretiese vrae oorheers tot 'n dominant waarin syns- of wesensvrae oorheers. Die bespreking van die twee gedigte word aangevul met Linda Hutcheon se teorie oor dubbelkodering en historiografiese metafiksie. Daar word betoog dat Louw se gedig hoofsaaklik epistemologies van aard is, terwyl Weideman se gedig gekenmerk word deur dubbelkodering, die aanwesigheid van sowel epistemologiese as ontologiese aspekte, die paradoksale hantering en ondermyning van modernistiese konvensies, en die kombinasie van sowel historiografiese as metapoëtise elemente. Weideman se "Kieselguhr-kleim" kan dus beskou word as 'n vroeë voorbeeld van die historiografiese metapoësie in Afrikaans. Sleutelwoorde: die dominant (Tynjanov & Jakobson), die Afrikaanse poësie, N.P. van Wyk Louw, George Weideman, metapoësie.


Tydskrif vir letterkunde Vol.41(1) 2004: 49-64

Journal Identifiers


eISSN: 2309-9070
print ISSN: 0041-476X