Main Article Content

Income-generating projects in rural communities: from theory to practice - a personal report


A-M Trollip
E Boshoff

Abstract

Hierdie artikel berig oor die derde fase van en studie
vir die ontwikkeling van en strategie vir die fasilitering
van projekte wat poog om inkomste te genereer
deur hoofsaaklik handvervaardigde goedere te
produseer. Die artikel word ook aangebied as en
voorbeeld vir deelnemende ontwikkeling
(participatory development). Die volgende doelstellings is vir hierdie fase van die studie gestel:
. Om die aannames van die aktiwiteitsmodel
(Trollip, 2001) te toets en te verfyn vir toepassing
in opleidingsprogramme vir inkomstegenereringsprojekte
. Om PLA-metodes (plan, leer en aksie-metodes)
te toets om onafhanklikheid te bevorder en ontwikkeling
te fasiliteer . Om die rolspelers bewus te maak van probleme rondom inkomste-genereringsprojekte en hulle
by die ontwikkeling van en ondersteuningstruktuur
vir hierdie tipe projekte te betrek. en Groep vroue in die omgewing van die Tswaing Krater-museum wat die behoefte uitgespreek het om inkomste te genereer deur kunshandwerkartikels te produseer, het aan die studie deelgeneem. Die omstandighede / konteks van die vroue was tipies van baie agtergeblewe vroue in die noorde van
Suid-Afrika. Hulle woon in en gebied sonder water
en elektrisiteit, vervoer is beskikbaar maar duur, die
gemiddelde geletterdheidsvlak is laag, en veral die
ouer en minder geletterde vroue handhaaf nog in en
mate die gebruike van en eie kultuur.
Tydens dialoog en waarnemeing is behoeftes bepaal.
Met behulp van deelnemende waarnemingsmetodes
soos dialoog, rolspel, selfleer in werklike
situasies, nadoen en uittoets is die groep gefasiliteer
om en inkomste-generingsprojek aan te pak.
Die aannames en aktiwitieite wat in Trollip (2001)
se aktiwiteitsmodel uiteengesit is, het die studie gerig.
Hoewel die konteks van verskillende groepe of projekte
waarskynlik sal verskil, blyk dit uit die sukses
wat met hierdie projek behaal is dat die aktiwiteitsmodel
toepassingsmoontlikhede het. Daar word
beoog om die model in die volgende fase van die
studie in en programraamwerk te formuleer. Die
raamwerk kan dan aangewend word om soortgelyke
studies te rig en as grondslag vir impakstudies
te dien.

Journal Identifiers


eISSN: 0378-5254