Main Article Content

Ou wyn in nuwe sakke: 'n Kritiese waardering van Bijbels lexicon


A Otto

Abstract

Bijbels lexicon is 'n Nederlandse leksikon wat woorde en uitdrukkings bevat wat aan die Bybel ontleen is en wat ná 1945 nog bekend was. Die teikengebruikers van hierdie leksikon is waarskynlik persone wat graag die Bybel lees en diegene wat belangstel in die oor-sprong en agtergrond van die Nederlandse taal. Die inleiding tot die leksikon bevat baie inligting, onder andere oor hoe die leksikon saamgestel is, 'n uiteensetting van tipes leksikale items en motivering vir lemmakeuses en tydvak wat gedek word, hoe om leksikale items na te slaan, ens. Selfs niegelowiges sal die leksikon kan gebruik, aangesien die inleiding ook agtergrondsinligting in blokvorm bevat, nl. 'n uiteensetting van die inhoud van die Bybel, en inligting oor Nederlandse Bybelvertalings, spreekwoordversamelings en Bybelse name.
Die voordele van hierdie leksikon is dat dit slegs huidige gebruiksvoorbeelde bevat en daarom dus neologismes en veranderde betekenisse akkommodeer. Hoewel die outeurs in enkele gevalle afwyk van die terminologie vir verskillende tipes leksikale items, soos deur hulle self omskryf, is die hantering van woordeboekartikels oor die algemeen baie konsekwent en inligting is maklik toeganklik. Die waarde van die leksikon sou moontlik verder verhoog kon word deur die gebruik van meer kruisverwysings.

Sleutelwoorde: betekenis, bybel, eienaam, hedendaagse gebruik, her-koms, leksikografie, leksikon, nederlands, neologisme, sitaat, spreek-woord, vaste uitdrukking

Journal Identifiers


eISSN: 2224-0039
print ISSN: 1684-4904