Main Article Content

Valency Dictionaries and Chinese Vocabulary Acquisition for Foreign Learners Valensiewoordeboeke en Chinese woordeskatverwerwing vir vreemdetaalleerders


Jun Gao
Haitao Liu

Abstract

Valency is a major source of lexical errors in foreign language learning. Accordingly, the research question is how the syntactic and semantic properties of a word can be retrieved from the corpora and represented in a Chinese valency dictionary to facilitate foreign learners' vocabulary acquisition. Within the three aspects of the valency framework — logical-semantic, syntactic and semantic-pragmatic valency — this study examines 60 cases of Chinese lexical misuse extracted from the HSK (Chinese Language Proficiency Test) Dynamic Compositions Corpus. The results suggest that the majority of cases of misuse occur in the dimension of semantic-pragmatic valency and that this semantic-pragmatic misuse can be ascribed to various factors such as semantic collocations, emotive variables, text styles, registers, and other contextual factors. The results are then utilized as syntactic, semantic and pragmatic information to be presented in a Chinese valency dictionary. Specifically, the results obtained from a case study of a misused word by referring to a large-scale native Chinese speaker corpus help retrieve a relatively full list of complementation patterns, based on which the study designs a Chinese valency entry that embodies three basic elements — quantitative valency, qualitative valency and valency patterns.


Valensie is 'n groot bron van leksikale foute in die aanleer van 'n vreemde taal. Gevolglik ontstaan die vraag hoe sintaktiese en semantiese eienskappe van 'n woord uit die korpus verkry en in 'n Chinese valensiewoordeboek weergegee kan word om woordeskat-verwerwing vir vreemdetaalleerders te vergemaklik. Met inagneming van die drie aspekte van 'n valensieraamwerk — logies-semantiese, sintaktiese en semanties-pragmatiese valensie — word 60 gevalle van Chinese leksikale foute wat uit die HSK (Chinese Taalvaardigheidstoets) Dinamies Saamgestelde Korpus onttrek is, bestudeer. Die resultate dui daarop dat die meeste van die foute plaasvind in die semanties-pragmatiese valensie-dimensie en dat hierdie semanties-pragmatiese foute toegeskryf kan word aan verskeie faktore soos semantiese kollokasies, emotiewe verander-likes, teksstyle, registers, en ander kontekstuele faktore. Die resultate word dan benut as sintak-tiese, semantiese en pragmatiese inligting wat in 'n Chinese valensiewoordeboek weergegee moet word. Meer spesifiek, die resultate wat verkry word uit 'n gevallestudie van 'n verkeerd gebruikte woord wat onttrek is uit 'n grootskaalse Chinese moedertaalssprekerskorpus, help om 'n relatief volledige lys aanvullingspatrone, wat gebaseer is op die studieontwerpe van 'n Chinese valensie-inskrywing wat drie basiese elemente insluit — kwantitatiewe valensie, kwalitatiewe valensie en valensiepatrone — te verkry.


Journal Identifiers


eISSN: 2224-0039
print ISSN: 1684-4904