Main Article Content

Standaardafrikaans: daar's 'n vlieg in die salf


HP Grebe

Abstract

Standard Afrikaans: there is a a fly in the ointment. This article discusses the central question as to whether a term such as `Oosgrensafrikaans' (Eastern Cape Afrikaans) interpreted in terms of how it is defined in the relevant literature truly reflects the linguistic reality of the time. Can the hypothesis that Afrikaans was standardised on the basis of Eastern Cape Afrikaans – without taking account of the Afrikaans of the inhabitants elsewhere in the Cape Colony at the time – be empirically underpinned?

In order to answer this question it was necessary to investigate the linguistic uniqueness of Eastern Cape Afrikaans. This article reports on a small empirical investigation in this regard. Another possibility other than the claim that Standard Afrikaans stems from Eastern Cape Afrikaans as defined presently, remains open. Standard Afrikaans could quite conceivably have sprouted from a relatively homogenous but variable variety spoken in the regions inhabited by the Trekboers of old – the Overberg and areas immediately north and west of the Boland up to the farthest eastern boundaries of the Colony. The uncertainty surrounding the status of Eastern Cape Afrikaans as a historically unique variety of Afrikaans and especially in relationship to modern Standard Afrikaans once again highlights important issues.


Die sentrale vraag wat in hierdie artikel onder die loep kom, is in hoe 'n mate 'n term soos `Oosgrensafrikaans' asook die definisie van hierdie begrip in die literatuur die werklike aard van die destydse taalopset weerspieël. Berus die hipotese dat Oosgrensafrikaans die grondslag vorm van Standaardafrikaans – sonder dat die Afrikaans van die bewoners elders in die destydse Kaapkolonie dus vermeld word – op stewige empiriese gronde?

Ten einde antwoorde op hierdie vraag te verskaf, was dit dus noodsaaklik om groter helderheid te verkry oor die linguistiese uniekheid van Oosgrensafrikaans. In hierdie artikel word verslag gedoen van 'n klein empiriese ondersoek in hierdie verband. 'n Ander moontlikheid as dié dat Standaardafrikaans gebaseer is op Oosgrensafrikaans soos wat dit tans in die literatuur gedefinieer word, bestaan egter steeds. Dit is naamlik moontlik dat Standaardafrikaans kon gegroei het uit 'n betreklik homogene, maar veranderlike variëteit wat gepraat is in die destydse Trekboergebiede van die Overberg en die gebiede onmiddellik noord en wes van die Boland tot aan die grense van die Kolonie in die ooste. Die onsekerhede rondom die status van Oosgrensafrikaans as onderskeie historiese variëteit van Afrikaans, en veral ten opsigte van sy posisie in verhouding tot moderne Standaardafrikaans, bring belangrike vraagstukke na vore.


(S/ern Af Linguistics & Applied Language Studies: 2002 20(1&2): 37-46)

Journal Identifiers


eISSN: 1727-9461
print ISSN: 1607-3614