Main Article Content

’n Onderhoud met Kirby van der Merwe oor <i>Eugene</i>


Kirby van der Merwe

Abstract

Hein Willemse het op 31 Maart 2022 tydens die 26ste Klein Karoo Nasionale Kunstefees op Oudtshoorn hierdie onderhoud met Kirby van der Merwe gevoer. Die kunsredakteur van Die Burger, Laetitia Pople, het dit aanvanklik aangevra en die berig is op 5 April 2022 onder die opskrif “Roman ‘Eugene’ eindproduk van 20 jaar se beplanning” op netwerk24.com gepubliseer. Dieselfde berig, met ’n aangepaste opskrif, “Machismo én matriargie belig”, het op 7 April 2022 in druk in Die Burger, Beeld en Volksblad verskyn. Hierdie weergawe van die onderhoud is ná die aanvanklike publikasie per e-pos-korrespondensie aangepas en aangevul, en opnuut vir vloei en duidelikheid geredigeer. Voordat die aanvanklike opname opgeneem is, het die gesprek spontaan oor die uitgeeproses en redigering gehandel. Die opname begin dus in die middel van ’n gesprek wat reeds aan die gang is.


Journal Identifiers


eISSN: 2309-9070
print ISSN: 0041-476X