Main Article Content

The inclusion of word formation in OALD8: The case of undefined run-ons


A Vrbinc
M Vrbinc

Abstract

The study presented in this contribution aims to investigate whether the print edition of OALD8 still sticks to the tradition of including many derivatives as run-on entries. For the purpose of the study, a database was compiled consisting of 1,200 lemmata with full entry status, and in this lemma range, 145 run-ons were found. The parts of speech of the lemma under which a runon could be found were closely studied, and so were the illustrative examples. Nouns are most commonly included as run-ons, followed by adverbs, adjectives and verbs. The problem of polysemous entries at the end of which undefined run-ons can be found is also discussed. When it is difficult to draw parallels between the sense(s) of the lemma and the run-on deriving from it, it would be much better to include the run-on as the lemma and to define all its senses separately or to include undefined run-ons at the end of each individual sense of the lemma. Finally, it should be clear to the user when and why a certain word is included as a run-on and not as a lemma, and how s/he can establish a relation between the meaning of the lemma and the run-on.

Keywords: Monolingual learner's dictionaries, OALD8, lemmata, secondary lemmata, undefined run-ons, proportion of run-ons to entries, examples of use, derivatives, suffixes, part-of-speech labels, grammatical information

Die insluiting van woordvorming in die OALD8: Die geval van onverklaardes

Die studie waaroor daar in hierdie artikel berig word, probeer vasstel of die gedrukte weergawe van die OALD8 die tradisie handhaaf om baie afleidings as onverklaarde lemmas op te neem. Vir die doel van hierdie studie is 'n databasis saamgestel van 1,200 lemmata
met volle artikels en tussen hierdie lemmata is 145 onverklaarde lemmas gevind. Die woordsoort van die lemmas waaraan onverklaardes geheg is, is noukeurig nagegaan asook die voorbeeldmateriaal. Naamwoorde tree die algemeenste as onverklaardes op, gevolg deur bywoorde, adjektiewe en werkwoorde. Die problem van polisemiese inskrywings waaraan onverklaardes geheg word, word ook bespreek. Wanneer dit moeilik is om die verband tussen die betekenisonderskeidinge van 'n lemma en die voortspruitende onverklaardes te lê, sal dit beter wees om die onverklaardes as volle lemmata op te neem en die onderskeie betekenisonderskeidinge te verklaar, of om die onverklaardes aan die einde van elke verklaring van 'n betekenisonderskeiding te heg. Dit moet vir die gebruiker duidelik wees waar en wanneer 'n woord as onverklaarde opgeneem word en nie as volle lemma nie en ook hoe die verband tussen die betekenis van die lemma en die onverklaarde
vasgestel kan word.

Sleutelwoorde: Eentalige aanleerderwoordeboek, gebruiksvoorbeelde, grammatiese inligting, lemmata, OALD8, onverklaardes, sekondêre lemmata, suffikse, verhouding van onverklaardes tot inskrywings, woordsoortetikette


Journal Identifiers


eISSN: 2224-0039
print ISSN: 1684-4904