Main Article Content

Polisemie in die woordeboek - 'n kognitiewe perspektief


PH Swanepoel

Abstract

Die hoofdoel van hierdie artikel is om 'n uiteensetting te gee van Geeraerts (1983b, 1990a) se aanspraak dat prototipesemantiek 'n adekwate begronding vir die leksikografiese metateorie is. Uitgaande van Geeraerts se uiteensetting van prototipesemantiek en die metaleksikografiese beginsels wat in Zgusta (1971) uiteengesit word, word daar 'n sistematiese ontleding gegee van verskeie aspekte van polisemie in die woordeboek, by. die benadering van polisemiese kategoriee as klassieke kategoriee, die standpunte oor die prototipestruktuur van polisemiese kategoriee, die probleem van monosemiese prototipekategoriee teenoor polisemiese prototipekategoriee, die behoefte aan die skemabegrip en die verskillende maniere waarop die multidimensionele semantiese struktuur van leksikale items op woordeboekartikels afgebeeld word. Daar word aangetoon hoe Zgusta (1971) telkemale sy voorgestelde leksikografiese metateorie relativeer metbetrekking tot van die vernaamste kenmerke van polisemiese kategoriee, nl. hulle vae interne en eksterne grense en hulle komplekse interne semantiese struktuur.

 


Journal Identifiers


eISSN: 2224-0039
print ISSN: 1684-4904