Main Article Content

Professionele vertalers as woordeboekgebruikers


M.F Crafford
I Feinauer

Abstract

'n Ondersoek na die eienskappe en werkswyse van professionele vertalers en die kenmerke van die vertaalproses toon dat professionele vertalers spesifieke leksikografiese behoeftes het wat nie volledig deur tradisionele tweetalige woordeboeke bevredig kan word nie. Die probleme of behoeftes wat by die professionele vertaling van T2 > T1-tekste kan ontstaan en deur die leksikografiese data in 'n vertaalwoordeboek opgelos of bevredig kan word, word onder-soek. Die begrippe tweetalige woordeboek, vertalende woordeboek en vertaalwoordeboek word bespreek. Op grond van die werklike doel en funksies van 'n vertaalwoordeboek word oorwegings uitgelig wat by die produksie van 'n vertaalwoordeboek in ag geneem moet word.

Sleutelwoorde: vertaalproses, vertaalvermoƫ, vertaalwoordeboek, tweetaligheid, tweetalige leksikografie, vertaalekwivalente, vertalen-de woordeboek, woordeboekfunksies, teksproduksie, teksresepsie

Journal Identifiers


eISSN: 2224-0039
print ISSN: 1684-4904