Main Article Content

Doen die "Woordeboek van die Afrikaanse Taal Deel XII" dit vir die Afrikaanse taal en die Suid-Afrikaanse leksikografie?


I Feinauer

Abstract

Hierdie resensieartikel wil vasstel in watter mate WAT deel XII aan die missie van die WAT voldoen, naamlik "om die Afrikaanse taal en die gebruikers daarvan te dien, asook die leksikografie in die algemeen, veral die Suid-Afrikaanse leksikografie". Daar word ondersoek ingestel na die voortekste, agtertekste en die sentrale teks, en aangetoon dat albei buitetekste geïntegreer is met die sentrale teks en in daardie opsig dus wel die leksikografie dien. Wat die sen-trale teks betref, word tot die gevolgtrekking gekom dat die gebruikers van die Afrikaanse taal sowel as die Suid-Afrikaanse leksikografie meer daarby sal baat indien dit deegliker gekonseptua-liseer en beplan sou word aan die hand van leksikografiese funksies. Die keuse van leksikale items wat die omvattendheid van die Afrikaanse leksikon illustreer en verteenwoordig sal ook aan die hand van 'n goed beplande korpus herbedink moet word. Frekwent gebruikte woorde sal dus nie langer as lemmatekens oor die hoof gesien word nie en die lengte van artikelinskrywings behoort ook meer gelykvormig gebalanseer te word. Sodoende sal die Afrikaanse taal en die gebruikers daarvan beter gedien word. Die Suid-Afrikaanse leksikografie sal daarby baat indien die WAT sou terugkeer na wat van 'n omvattende woordeboek verwag word, naamlik 'n meer gebalanseerde verteenwoordiging van makro- en mikrostruktuur. Dit behoort ook te lei tot 'n meer eweredige verspreiding van artikelomvang en minder onbewerkte lemmatekens.

Sleutelwoorde: agtertekste, buitetekste, leksikografie, leksikografiese funksie, lemmateken, makrostruktuur, mediostruktuur, mikrostruktuur, omvattende woordeboek, onbewerkte lemmateken, raamstruktuur, sen-trale teks, voortekste

Journal Identifiers


eISSN: 2224-0039
print ISSN: 1684-4904