Main Article Content

Die reproduksiepatroon van vyf skaaprasse onder ekstensiewe toestande


D.A. Boshoff
D.J. Gouws
J.A. Nel

Abstract

Merino-, Karakoel-. Dorper-, Swartkop Persie- en Namakwa-Afrikanerooie is vir 'n periode van 6 jaar tweekeer per dag onder semi-ariede veldtoestande vir bronstigheid getoets ten einde die reproduksiepatroon vas te stel Geslagsaktiwiteit gemeet aan die daaglikse voorkoms van bronstigheid het feitlik die hele jaar by die Namakwa-Afrikaner voorgekom. Die Swartkop Persie het die patroon van die Narnakwa-Afrikaner gevolg behalwe dat die ras vir 'n errens korter periode op 'n hoer vlak geslagsaktiwiteit openbaar het. Die Merino en tot'n mindere mate die Karakoel was vir die kortste periode van die jaar geslagsaktief. Die Dorper het 'n intermediSre posisie ingeneem t.o.v. die lengte van die teelseisoen maar het op die hoogste vlak geslagsaktiwiteit openbaar. Met die uitsondering van die Namakwa Afrikaner is 'n toename in geslagsaktiwiteit gedurende anestrus tot 108 maande ouderdom gevind.

English Title: Reproductive patterns of five sheep breeds under extensive conditions

English Abstract

Merino, Karakul, Dorper, Blackhead Persian and Namaqua Mrikaner ewes were tested for oestrus twice daily over a period of six years to evaluate their reproductive patterns under the semi-arid conditions of the North Western Cape. It was found that the Merino and Karakul exhibited sexual activity from February to August and January to August respectively. In the case of the Narnaqua Mrikaner sexual activity was reduced during December only. The Blackhead-Persian exhibited cycles for a slightly shorter period but at a high-level than the Namaqua Afrikaner. Although the breeding season of the Dorper was of an intermediate type, this breed showed oestrous activity at the highest level of the five breeds evaluated. Except for the Namaqua Mrikaner, sexual activity during the non-breeding season increased with age up to 108 months.


Journal Identifiers


eISSN: 2221-4062
print ISSN: 0375-1589