Main Article Content

Influence of mass gain during gestation on milk production of ewes


P le Roux

Abstract

Uit n totaal van 50 Dorpertipe-ooie van tussen drie en vier jaar ouderdom uit wat in die proef uitgesoek is, was 40 uiteindelik vir melk-produksiewaarnemings beskikbaar. Die ooie isgedek van die middel van Mei tot die einde van Junie. Die basiese rantsoen het uit veldweiding bestaan en die ooie is snags gekraal. Van die begin van September is aan die een groep ooie (18 ooie) 70,0 g verteerbare proteien per dag elk in die vorm van katoensaadmeel as n supplement gevoer. Die ooie in die ander groep (22 ooie) het gedurende dieselfde tydperk 154,4g verteerbare proteien per ooi per dag ontvang. Die massatoename is uitgedruk as n persentasie van die massa met dekking. Vanaf dekking tot partus het die ooie wat die kleiner hoeveelheid proteien gevoer is gemiddeld 6,56% en die ander groep ooie 14,45% in massa toegeneem. Die onderskeie gemiddelde melkproduksie gemeet oor n periode van 21 weke was 65,11 en 71,47 kg (Tabel 1). Daar was n neiging vir die melkproduksie van ooie om te verbeter met n toename in liggaamsmassa, maar sodra die ooie meer as 15% in massa toegeneem het is melkproduksie onderdruk (Fig. 1). Die optimum massa-toename gedurende die dragtigheidsperiode om maksimum melkproduksie te verseker le blykbaar tussen 10 en 15% Verder skyn dit ook die geval te wees dat die hormone thyroxine betrokke is veral by die oorvet ooie waar die melkproduksie laag was. Die moontlikheid van vetneerlegging in die uier is ook nie uitgesluit nie.

SUMMARY

Two comparable groups of three-to four-year-old Dorper-type ewes were fed a protein-rich supplement in addition to veld grazing to make either small mass gains (6,56%) or substantial mass gains (14,45%) during the gestation period. The quantitative milk production was determined by the lamb-suckling technique and the results indicated that when ewes gained up to 12% mass during the gestation period, there was a corresponding increase in the milk yield. When the mass gained was in excess of 15%, there was a marked suppression in the milk yield of ewes. 


Journal Identifiers


eISSN: 2221-4062
print ISSN: 0375-1589