Main Article Content
The social construction of HIV / Aids
Abstract
Hierdie artikel poog om 'n indiepte ondersoek te loods na die spesifieke diskoerse rondom die MIV / VIGS epidemie in Suid-Afrika en die wêreld. Wêreldwyd is die statistiek rondom die epidemie oorweldigend en die groeiende voorkoms daarvan onrusbarend. Dié artikel bied eerstens 'n omvattende definisie van wat diskoerse behels asook die impak daarvan op die persepsies van die infeksie en die behandeling daarvan. Kulturele skemas en verduidelikings van MIV / VIGS word ondersoek asook die geslagsrolle wat gebruik word om idees rondom seksualiteit en die uitlewing van hierdie individuele seksualiteit te verklaar. Die artikel plaas die epidemie binne die groter politieke strukture wat die daaglikse omgewing vorm en bied duidelike bewyse vir die invloed van die land se historiese verlede op die hedendaagse persepsie van MIV / VIGS. Uiteindelik is dit duidelik dat enige poging om die subjektiewe ervaring van MIV / VIGS te bekyk, die effek van kultuur, geslag en die breër politieke arena sal moet in ag neem om sodoende die individue se ervarings van, en reaksies op, die infeksie te begryp.
Key words: Social construction, HIV, Aids, Meaning making, Preparation for death
Health SA Gesondhied: 2003 8(2): 14-22)