Main Article Content
Professional nurses' requests to remove their names from the South African Nursing Council's register, Part 1: introduction and literature review
Abstract
Wêreldwyd word daar tussen 2005 en 2020 'n ernstige tekort aan professionele verpleegkundiges voorspel - wanneer die ";baby boomers"; wat tussen 1947 en 1962 gebore is, gaan aftree. Hierdie tekort gaan verskil van enige vorige tekort omdat daar dan nie groot getalle nie-praktiserende professionele verpleegkundiges gaan wees soos tydens die 1980s se tekorte nie. Die lande wat beter salarisse betaal, sal voortgaan om professionele verpleegkundiges vanaf swakker betalende lande te werf (insluitende die Republiek van Suid-Afrika) - wat die swakker betalende lande se professionele verpleegkundiges verder gaan verminder. Hierdie scenario noodsaak die swakker betalende lande om daadwerklik die verpleegkundiges wat die verpleegberoep verlaat te monitor, ten einde die moontlike krisis wat kan ontstaan weens 'n ernstige tekort aan verpleegkundiges, aan te spreek. Hierdie artikel bespreek verpleegtekorte in Suid-Afrika en in ander lande. Die literatuuroorsig spreek die verwagte tekort van verpleegkundiges in verskeie lande aan, wat lei tot die gevolgtrekking dat daar 'n wêreldwye tekort aan verpleegkundiges tussen 2005 en 2020 verwag kan word, wanneer die meeste verpleegkundiges aftreeouderdomme sal bereik. Die bespreking word gevolg deur die stelling van die navorsingsprobleem en doelwitte vir die studie asook 'n aanduiding van die belangrikheid van navorsing oor redes waarom Suid-Afrikaanse verpleegkundiges versoek dat hulle name van die SARV se register verwyder word. Die volgende artikel bespreek die navorsingsproses en resultate aangaande redes waarom professionele verpleegkundiges in Suid-Afrika versoek dat hulle name van die SARV se register verwyder word.
Key words: Baby boomers, Migration of nurses, Non-practising nurses, Nurses' turnover, Nursing shortages, Professional re-entry of nurses, Retirement of nurses.
(Health SA Gesondheid: 2003 8(2): 63-69)