Main Article Content
An introduction to a postmodern approach to nursing research: discourse analysis - part 1: research
Abstract
Hierdie artikel dien as 'n inleiding tot diskoers-analise. Dit beoog dus nie om die hele navorsingsproses breedvoerig te bespreek nie aangesien diskoers-analise 'n relatief nuwe en multifasettige benadering in navorsing is. Vanweë logistiese redes word in hierdie artikel slegs inleidende gedagtes oor diskoers-analise as benadering tot kwalitatiewe, refleksiewe verpleegnavorsing ingesluit. Verskillende postmoderne ";benaderings"; tot kwalitatiewe navorsing word in die verpleegkunde as epistemologie beskryf en het begin wortelskiet. Diskoers-analise word bespreek as 'n ";benadering"; tot navorsing wat ontstaan het uit die Poststrukturalisme en Sosiale konstruksionisme binne die postmoderne denkstroom. 'n Kwalitatiewe, eksplorerende navorsingsontwerp is gekies waardeur 'n indiepte literatuurstudie onderneem is om diskoers-analise as ";benadering"; tot navorsing te ondersoek. Die literatuurstudie is op die paradigmas van Poststrukturalisme en Sosiale konstruksionisme gerig en die ";benadering"; tot navorsing wat uit hierdie paradigmas voortvloei aangesien hierdie raamwerke nog nie in Suid-Afrikaanse literatuur oor navorsing in die verpleegkunde vervat is nie. Die sienings oor diskoers-analise as ";benadering"; in navorsing van Parker (1992: 6-20) en Terre Blanche & Durrheim (1999: 154-167) word bespreek. Diskoers-analise kan as 'n waardevolle ";benadering"; tot navorsing in die verpleegkunde dien aangesien dit huidige dominante verstaanswyses bevraagteken. Dit skep ruimte vir alternatiewe refleksies en ander verstaansmoontlikhede waarbinne die potensiaal vir verandering dan ontstaan.
(Health SA Gesondheid: interdisciplinary research journal: 2002 7(1): 3-9)