Main Article Content
A phenomenological study into the experience of their sexuality by males with spinal cord injury: research
Abstract
Die studie van literatuur oor rugmurgbesering (RMB) en seksualiteit by mans, het 'n magdom navorsing oor die fisieke aspekte opgelewer. Ongelukkig is die sielkundige aspekte rondom seksualiteit by mans met RMB grootliks afgeskeep. Derhalwe is 'n fenomenologiese studie onderneem ten einde die man met RMB se ervaring van seksualiteit in sy geheel te ondersoek. Onderhoude is met vier mans wat RMB het gevoer. Sentrale temas wat uit die onderhoude voortvloei, sluit die vasstel van 'n eksistensi?le basislyn in, asook verminderde onafhanklikheid en veranderde beskouings oor manlikheid na die besering. Deelnemers het ook hulle behoeftes met betrekking tot hulle (potensi?le) verhoudings aangedui. Laastens is daar gevind dat godsdiens en sekere hanteringsmeganismes 'n positiewe of negatiewe impak kan h? op seksualiteit, afhangend van die rigiditeit en effektiwiteit daarvan.
Keywords: Spinal cord injury, Sexuality, Males, Phenomenology, Experience
(Health SA Gesondheid: interdisciplinary research journal: 2003 8(4): 3-11)