Main Article Content
Guidelines for enhancing clinical supervision: research
Abstract
Kliniese toesighouding word as belangrik en konstruktief beskou in verpleging en ander gesondheidsberoepe, maar hoe word dit in werklikheid gedoen? Alle verpleegkundiges, ongeag hulle opleiding en ervaring of plek van werk, word aangemoedig om betrokke te raak by toesighouding en tog is daar min riglyne beskikbaar van hoe dit uitgevoer behoort te word. Die doelstelling van hierdie artikel is om eerstens aan te dui wat verpleegkundiges onder die term 'kliniese toesighouding' verstaan, en tweedens om riglyne daar te stel vir die verbetering van die toesighoudingsproses. Refleksie help persone om die impak van hulle aksies te begryp ten einde hulle professionele vaardighede te verbeter. Dit is dus belangrik vir verpleegkundiges en bestuurders om 'n reflektiewe benadering tot hulle werk te ontwikkel ten einde toepaslike kontekstuele besluite te kan neem waar dit nodig mag wees in hulle professionele praktyke. 'n Kwalitatiewe, verkennende en beskrywende ontwerp is gebruik waartydens bevindinge, gebaseer op narratiewe sketse en 'n literatuurstudie, as basis dien vir die maak van afleidings en die voorsiening van riglyne vir die bevordering van die toesighoudingsproses. Die gevolgtrekkings toon aan dat die respondente weet wat toesighouding behels, maar dat hulle nie die noodsaaklikheid om reflektiewe leer toe te pas tydens die proses van kliniese toesighouding aangedui het nie.
Keywords: Clinical supervision, Reflective thinking and learning, Support, Guidance
(Health SA Gesondheid: interdisciplinary research journal: 2003 8(4): 12-23)