Main Article Content
Post-basic nursing students' perceptions of the emigration of nurses from the Republic of South Africa: research
Abstract
Die emigrasie van Suid-Afrikaanse verpleegkundiges om in oorsese lande te werk neem toe ten spyte van pogings om die verskynsel te bekamp. 'n Verkennende, beskrywende opname is gedoen ten einde verpleegkundiges se persepsies te verken oor kollegas wat ge?migreer het asook hulle eie voornemens om te emigreer indien die geleentheid sou voorkom. Vraelyste wat die studente self moes voltooi is aan alle studente gepos wat vir voor- of nagraadse studies by 'n afstandsonderriginstelling geregistreer was. Die ontleding van die data wat verkry is vanaf die 453 voltooide vraelyste het aangedui dat bykans alle respondente verpleegkundiges geken het wat reeds ge?migreer het, en dat ongeveer 60% van die respondente sou emigreer indien hulle so 'n geleentheid sou kry. Die belangrikste faktor wat hulle emigrasie teengewerk het was familiebande wat hulle in Suid-Afrika gehou het. Die hoofredes waarom hulle sou emigreer het verband gehou met beter besoldiging en met die vermo? om vinnig geld te spaar vir spesifieke doeleindes. Benewens verbeterde besoldiging en byvoordele kan werkgewers verpleegkundiges help om in RSA te bly deur waardering te toon vir hul werk, deur fasiliteite en bronne te verbeter en deur bevoegde gesondheidsorgbestuurders aan te stel. Die Suid-Afrikaanse regering kan verpleegkundiges help om in die RSA aan te bly deur mense in bevrore poste aan te stel, korrupsie binne die regering uit te roei en die veiligheid en sekuriteit in die land te verbeter. Bykans alle respondente het aangetoon dat die regering nie oor die reg beskik om Suid-Afrikaanse verpleegkundiges te verbied om na ander lande te emigreer nie.
Keywords: Emigration of South African nurses, Migration of nurses, Nursing shortage in the RSA
(Health SA Gesondheid: interdisciplinary research journal: 2003 8(4): 38-55)