Main Article Content
A holistic approach to the treatment of irritable bowel syndrome
Abstract
Die doelwit van die studie is om die effek van 'n holistiese benadering tot die bestuur van Prikkelbare Dermsindroom ("Irritable Bowel Syndrome") te ondersoek. Die steekproef het bestaan uit 70 Suid-Afrikaanse vroue wat gediagnoseer is met Prikkelbare Dermsindroom. Die steekproef is in vier groepe verdeel. Groep 1 (n = 13) het medikasie en holistiese psigoterapie ontvang, Groep 2 (n = 23) het slegs medikasie ontvang, Groep 3 (n = 13) het slegs holistiese psigoterapie ontvang en Groep 4 (n = 21) het geen behandeling ontvang totdat die studie afgehandel is nie. Gedurende die intervensiefase het die betrokke deelnemers holistiese psigoterapie ontvang vir een uur per week, vir agt tot twaalf weke. Medikasie as behandeling het deurentyd voortgegaan afhangende van elke kliënt se unieke patroon van simptome. Die resultate van die studie dui aan dat Groep 1, wat medikasie en holistiese psigoterapie ontvang het asook Groep 3 (slegs holistiese psigoterapie) die meeste verbetering ten opsigte van die ernstigheid van simptome getoon het. Die studie verskaf 'n raamwerk vir sielkundiges wat met kliënte werk met Prikkelbare Dermsindroom of enige ander liggaam-gees siekte.
Health SA Gesondheid Vol.6(4) 2003: 37-46