Main Article Content
Enriching diets for childhood mental and physical development
Abstract
Mikronutriënt innames laer as 67% van die Aanbevole Dieettoelae (ADT) is algemeen vir kalsium, yster, sink, selenium, vitamien A, C, D, E, riboflavien, niasien en vitamien B6. Belangrike nutriënte vir groei en ontwikkeling sluit kalsium, yster, sink, vitamien A, folaat en ander B-vitamiene in. Kalsium is essensieel vir beenmineralisering tydens die adolessente snelgroeifase. Ystertekort word met belemmerde groei geassosieer, asook met vertraagde psigomotoriese ontwikkeling en verswakte immuniteit. Sink word met normale groei, beenmineralisering en neuropsigologiese funksie geassosieer. Vitamien A is essensieel vir normale groei, sig en immuniteit. Folaat is nodig vir die ontwikkeling van nuwe selle, veral tydens fases van versnelde groei. Ander B-vitamiene speel 'n rol in 'n verskeidenheid gedrags- en kognitiewefunksies. Faktore wat die voedingstatus en gesondheid van kinders kan benadeel, sluit 'n onvoldoende nutriëntinname as gevolg van onder andere, armoede, onvoldoende voedingsvoorligting, diaree, tienerdiëte en allergieë in. Om optimale groei en ontwikkeling te verseker, moet streng diëte en oorslaan van maaltye ontmoedig word en 'n gebalanseerde maaltydpatroon gevestig word. Ontbyt moet gereeld geëet word, tesame met 'n verskeidenheid voedselsoorte, om voldoende innames van nutriënte en vesel te verseker. Gereelde fisiese aktiwiteit bevorder 'n gesonde liggaamsgewig en normale beenmineralisering.
Health SA Gesondheid Vol.6(4) 2003: 47-58