Main Article Content

Winnie Mandela Banishment House in Brandfort (Majwemasweu) – its historical significance: 1977-1985


C Twala

Abstract



Winnie Mandela bannelinghuis in Brandfort (Majwemasweu) – die historiese belang daarvan: 1977-1985:
Die verbanning van Winnie Mandela na die dorpie Brandfort in die Vrystaat in 1977 het die verpolitisering en politieke mobilisasie van die jeug in die gebied tot gevolg gehad. Dit was tydens haar tydperk van ballingskap in huis 808 in Majwemasweu dat haar politieke bedrywighede in die gebied aan die lig gekom het. Hoewel sy 'n balling in die drievertrekhuis was, het dit 'n belangrike politieke toevlugsoord vir die jeug van Majwemasweu geword en vir diegene wat buite die gebied gebly het. Regeringsen
nie-regeringsorganisasies het onlangs laat blyk dat hulle daarin belangstel om die
huis te bewaar en later as 'n nasionale monument te laat verklaar. Die artikel bespreek
pogings om dit te doen..

Keywords: Winnie Mandela, ANC, verbanning, kultuur, historiese belang, erfenis, gedenkwaardige terrein, beskerm, bewaar

South Africa Journal of Cultural History Vol. 22 (2) 2008: pp. 66-85

Journal Identifiers


eISSN: 1011-3053