Main Article Content

Konteks en kultuurhistoriese betekenis van die melkstoeltjie, soos uitgebeeld in kinderlektuur en politieke spotprente


N Botes
SW le Roux

Abstract

Die nederige melkstoeltjie word gewoonlik slegs met melkery geassosieer. Hier word ondersoek ingestel na ’n breër begrip van konteks en kultuurhistoriese betekenis aan die hand van enkele illustrasies in Engelse en Afrikaanse kinderlektuur – veral prenteboeke en rymbundels – en uitbeeldings in Suid-Afrikaanse politieke spotprente. Verbande met ’n skamel en edel landelike, selfs landboukundige bestaan, figureerin  illustrasies uit kinderboeke waar drie- en vierpootstoeltjies as doelbewuste, of toevallige, rekwisiete voorkom. In beeld dra die grootte van die voorwerp hier by tot ’n intieme skaal. Dit dien, minstens in kinderlektuur tot laat in die twintigste eeu, as geloofwaardige en herkenbare voorwerpe waarvan die grootte en eenvoud toeganklik vir die jong kyker en leser was.
In Suid-Afrikaanse politieke spotprente dien driepotige melkstoeltjies verder as kenbare simbool van ’n kwesbare ewewig in die politiek, waar die strukturele stabiliteit en interafhanklikheid van drie pote metafories verbeeld word. Hierdie metafoor word ook so gebruik in eietydse vakliteratuur in Engels, Nederlands en Vlaams. Die tradisionele begrip van die amper-vergete melkstoeltjie leef dus deur beeldspraak in die 21ste eeu voort.

Sleutelwoorde: driepoot; illustrasie; kinderlektuur; kinderrympie; melkstoeltjie; politieke spotprent; stoflike kultuur; volkskultuur


Journal Identifiers


eISSN: 1011-3053