Main Article Content

<i>Anderkant die stilte</i> (André P. Brink) en die verwerking van trauma


HP van Coller

Abstract

Anderkant die stilte (André P. Brink) and the mastering of trauma [Afrikaans]

Quite a few Afrikaans literary critics have contended that the telling of stories can play a significant role in dealing with a traumatic past. H.P. van Coller (1997) spoke in this regard of “The Truth and Reconciliation Committee” in Afrikaans literature, based on salient traits in contemporary Afrikaans literary texts. In stark contrast to these critics Philip John (2000) insisted that it is naïve and shortsighted to expect (literary) texts to heal traumas. He instead argues for the reshaping (Aufarbeitung) of the past. John also maintains that “repressor”, “repressed” and “guilt” are fuzzy concepts and open to abuse. This article takes issue with John. It is stated that narrative accounts of trauma can be therapeutic and that terms like “repressor” and “repressed” are often necessary in a psychological healing process. Actantial roles (as described by concepts such as “protagonist” and “antagonist”; “repressor” and “repressed”) are necessary prerequisites for any narrative. According to Ernst van Alphen (1999) trauma is evoked by the incapacity to narrate a traumatic past. Lastly it is asserted that stories (and literature) are important “in a time of cholera” and as in the case of , provide an individual and a collective, the means for survival. These theoretical and philosophical arguments are illustrated with reference to Anderkant die stilte (2002) by André P. Brink.

Key Words: André Brink, The Other Side of Silence (Anderkant die stilte) , trauma, healing, truth, reconciliation.

Anderkant die stilte (André P. Brink) en die verwerking van trauma

‘n Hele paar Afrikaanse literatore het in die afgelope jare beweer dat ‘n traumatiese verlede hanteerbaar(der) raak wanneer narratief daarmee omgegaan word. Van Coller (1997) het in hierdie verband gepraat van “Die Waarheids –en Versoeningskommissie in die Afrikaanse literatuur”, omdat soveel Afrikaanse literêre tekste in die jare negentig handel oor die traumatiese kollektiewe en persoonlike verlede. Sy stelling was dat die neerskryf / vertel van die verlede ‘n helende uitwerking het. John (2000) voel dat dit naief en korstigtig is om van (literêre) tekste te verwag om traumas te (help) genees en pleit daarom eerder vir ‘n herskepping (“Aufarbeitung”) van die verlede. John beweer verder dat terme soos “onderdrukker” en “onderdrukte”; “protagonist” en “antagonis” warrige konsepte is en maklik misbruik kan word. In hierdie artikel word polemies gereageer op John se stellings. Daar word geargumenteer dat narratiewe weergawes van trauma wel deeglik terapeutiese waarde het en dat genoemde terme noodsaaklik is vir genesing. In feite dui hul op aktansiële rolle wat ‘n voorvereiste vir enige narratief is. Boonop maak Van Alphen (1999) ‘n sterk saak daarvoor uit dat trauma nie net veroorsaak word deur die onvermoë om ‘n traumaties verlede weer te gee, maar dat juis die onvermoë om aktansiële rolle te onderskei direk leiding is tot vermelde onvermoë. Ten slotte word beweer dat stories (en derhalwe literatuur) belangrik (en dalk selfs noodsaaklik) is “in ‘n tyd van cholera” en soos in die geval van Sherazade, vir individue (en ook vir ‘n gemeenskap) die middele tot oorlewing verskaf.. Hierdie teoretiese en filosofiese argumente word geïllustreer aan die hand van Anderkant die stilte deur André P. Brink.

Trefwoorde: André P. Brink, Anderkant die stilte, trauma, heling, waarheid, versoening.

Tydskrif vir Letterkunde Vol. 42(1) 2005: 117-133



Journal Identifiers


eISSN: 2309-9070
print ISSN: 0041-476X