Main Article Content

Interactive television revisited: a case study in home economics


JC Cronjé
S Blignaut

Abstract

Die reaksie van huishoudkundeleerders tydens ‘n interaktiewe televisie-uitsending word in hierdie artikel
onder die loep geneem. Drie aspekte, naamlik die
vlak van interaksie tydens die uitsending, gelyk tydigheid
en simmetrie, is tydens hierdie gevallestudie
bestudeer. Tydens interaktiewe televisie-uitsendings kan interaksie varieer van definisioneel-fisiese interaksie tot
volle interaksie met al die betrokke partye. Ge lyk tydigheid kan varieer van direkte interaksie tussen die
leerders en die aanbieder tot vooraf opgeneemde
uitsendings en terugvoer per pos aan leerders. Simmetrie,
daarenteen, wissel van volledig simmetriese
videokonferensies tot die pos van voorafvervaardigde
videobande met onderrigmateriaal op papier en
skriftelike terugvoer. Hierdie studie het bevind dat alhoewel die leerders verkies het om saam met medeleerders na die televisie-uitsending te kyk, hulle min behoefte uitgespreek het om direk met die aanbieder (dosent) te kommunikeer. Dit wil voorkom asof hulle
gelyktydige kommunikasie belangrik ag aangesien
hulle eerder met hulle medeleerders in interaksie
wou tree as met die aanbieder. Die leerders het ook
voorkeur aan voorafvervaardigde videobande gegee,
veral met die oog op voorbereiding vir eksamens en
die uitvoer van opdragte. Die leerders het ‘n
lewendige televisie-uitsending as onnodig beskou,
sou graag in telefoniese verbinding met die
aanbieder wou tree (asimmetriese kommunikasie),
maar wanneer dit hulle pas, eerder as byvoorbeeld
tydens of direk na ‘n uitsending. Daar was weinig
voorkeur vir ander kommunikasiewyses soos fakse
en elektroniese pos.

Journal Identifiers


eISSN: 0378-5254