Main Article Content

Neighbourhood renewal in Cape Town’s inner city: Is it gentrification?


NJ Kotze
IJ van der Merwe

Abstract

In hierdie navorsing word die stedelike vernuwing
wat in die sentrale woonbuurtes van Kaapstad
plaasgevind het, ondersoek. Ses woonbuurtes is
geïdentifiseer as potensiële gentrifikasie-areas.
Data in verband met die woonbuurt en behuisingskenmerke, asook persoonlike en sosiale eienskappe van die inwoners, is verkry met behulp van
‘n 10 % sistematiese steekproef. Uit ‘n voorlopige
ondersoek, waarin die verskillende veranderlikes
afsonderlik hanteer is, was dit duidelik dat sommige
areas meer met internasionale bevindinge oor gentrifikasie ooreengestem het as ander. ‘n Gentrifikasieprofiel is vervolgens vir Kaapstad
saamgestel met behulp van diskriminantanalise.
Hieruit was dit duidelik dat persoonlike eienskappe
soos kwalifikasie, beroep, inkomste en gesinsgrootte,
die vernaamste veranderlikes was wat onderskei het tussen persone in hierdie woonbuurtes wat hulle wooneenhede restoreer en dié wat dit nie doen nie. Sosiale eienskappe wat ‘n rol gespeel het, was kontak met bure en kollegas, en die ligging van winkels waar klere gekoop word. Veranderlikes wat met die eiendom verband hou en wat ‘n belangrike rol gespeel het, was die toestand van die wooneenheid in die verlede en tans, eienaarskap en die aantal slaapkamers. Met behulp van hierdie veranderlikes was dit moontlik om ‘n gentrifikasiemodel vir Kaapstad op te stel waarteen die ses woonbuurtes getoets kon word om te bepaal of die woonbuurtvernuwing wat daar voorkom wel as gentrifikasie geklassifiseer kan word.

Journal Identifiers


eISSN: 0378-5254