The 'new paradigm' of outcomes-based education in perspective

  • SPT Malan

Abstract

Uitkomsgebaseerde onderwys (UGO) word deur sommige as 'n paradigmaskuif in die onderwys gepropageer. Die doel van die artikel is om hierdie aanspraak toe te lig teen die agtergrond van veral vier onderrig- en leerbenaderings, naamlik doelwitgerigte onderrig, bevoegdheidsgebaseerde leer, bemeesteringsleer, en kriteriumgerigte onderrig en assessering. Teen die agtergrond van die voorgemelde benaderings word getoon dat UGO nie 'n paradigmaskuif meebring nie. UGO kan ten beste beskryf word as 'n eklektiese onderwysfilosofie wat op die beste elemente in hierdie onderwysbenaderings berus. Ooreenkomstig die behoeftes en eise wat aan 'n nuwe demokratiese Suid-Afrika gestel word, is die elemente egter in 'n visioenêre raamwerk saamgevoeg om aan die land se mensekragbehoeftes en werkvereis - tes te voldoen. Daar is ook voordele aan UGO verbonde. Die belangrikste hiervan is die nasionale fokus op onderwys as 'n middel tot 'n doel en nie 'n doel op sigself nie. ‘n Behebtheid met toetse en eksamens word versag met behulp van deurlopende assessering, en die resultate van sodanige assessering word in ‘n remediërende hoedanigheid aangewend. Voorbereiding vir lewenslange leer word op dié wyse 'n hoë prioriteit. Onderwyspraktisyns, leerders en ouers sal elkeen hul bepaalde rol moet speel om te verseker dat UGO 'n sukses is. Dit verg uiteraard harde werk en toewyding van diegene wat met onderwys en opleiding gemoeid is. Praktisyns moet daarop ingestel wees om onderrig- en leersituasies vaardig te beplan en te bestuur sodat die beoogde leeruitkomste ten beste realiseer. Vaardigheidsgebaseerde assessering in outentieke omstandighede moet die basis vir betroubare inligting van hoogstaande gehalte vorm. Die werklike waarde van UGO sal eers beoordeel kan word wanneer die eerste geslag leerders wat aan die UGO-stelsel blootgestel was die arbeidsmark betree of vir hoëronderwysopleiding aanmeld.
Section
Articles

Journal Identifiers


eISSN: 0378-5254