Main Article Content

US consumers’ acceptance of hand-produced apparel from India


NJ Miller
MA Littrell
JM Link

Abstract

Vervaardigers van kleding moet die ontwerpelemente
van verwagte veranderings in die mode korrek vertolk om seker te maak dat hulle die aandag van verbruikers trek en op dié wyse verkope genereer. Die begrippe wat Rogers (1962) in sy teorie oor die verspreiding van innoverende ontwerpe by wyse van kommunikasie noem, is bestudeer om te bepaal in watter mate hierdie teorie ‘n teikengroep Amerikaanse verbruikers se aanvaarding van kultureel geïnspireerde kleding uit Indië onderskryf. Die
hipoteses vir hierdie navorsing berus op Rogers
(1962) se teorie en is empiries getoets vir inligting
oor ‘n klein kledingvervaardiger en om die toepassing
van die kenmerke van verspreiding in die tekstiel-
en kledingdissiplines uit te brei. Data is by
164 damestudente aan ‘n universiteit ingesamel. ‘n
Vyfpunt- bipolêre skaal is gebruik om ses modelkledingstukke (langbroeke en rompe) ten opsigte
van kompleksiteit, familiariteit en aanvaarding te
beoordeel. Die kenmerke van die kledingstukke het
kleur, konstruksie, kleedstof, sluiting en profiel ingesluit.
Die navorsingsbevindinge het Rogers (1962) se
teorie gedeeltelik bevestig. Kledingvervaardigers
behoort dus kennis te neem dat sommige ontwerpelemente groter potensiaal as ander het wanneer
dit by produkontwikkeling en verbruikersaanvaarding
kom. Vertroudheid met ‘n kledingstuk se kleur en profiel het die grootste invloed op die algemene aanvaarding van die kledingstuk uitgeoefen. Bykomende teoretiese verkenning asook navorsing oor die bemarking van handwerkondernemings is voorgestel.

Journal Identifiers


eISSN: 0378-5254