PROMOTING ACCESS TO AFRICAN RESEARCH

Journal of Consumer Sciences

Log in or Register to get access to full text downloads.

Remember me or Register



Consumer decision-making models within the discipline of consumer science: a critical approach

AC Erasmus, E Boshoff, GG Rousseau

Abstract


Verbruikersbesluitnemingsmodelle word algemeen
in verbruikersgedragnavorsing gebruik om die navorsing
te struktureer en te konseptualiseer. Verskeie
van die tradisionele modelle – wat in die laat sestiger en sewentigerjare saamgestel is - is in handboeke beskikbaar wat terselfdertyd die teorie ter ondersteuning bied en die stappe van die verbruikersbesluitnemingsproses definieer en bespreek.
Verbruikersbesluitneming word meestal in
terme van vyf stadia voorgehou. Die modelle verskil
grootliks ten opsigte van die klem en konteks
sowel as detail wat ingesluit word. In die tagtigerjare het navorsers begin besef dat die tradisionele modelle van verbruikersbesluitneming nie noodwendig die korrekte beeld van die verbruikersbesluitnemingsproses
weergee nie, Verskeie navorsers het resultate van studies gepubliseer om aan te toon dat alternatiewe tot die tradisionele verbruikersbesluitnemingsmodelle
gevind moes word. Feitlik sonder uitsondering toon besware ‘n oorbeklemtoning van eksterne en omgewingsfaktore op verbruikersbesluitneming sowel as ‘n wanvoorstelling dat aktiewe beplanning en rasionele denke komplekse besluitneming rig. verbruikersbesluitneming het oor jare baie meer kompleks geraak as gevolg van ‘n groter verskeidenheid produkte wat beskikbaar is, ontwikkeling op die gebied van tegnologie, wêreldinvloede, groter bedingingsmag van
werkende vroue wat ook op besluitnemingstrategieë
in gesinsverband ‘n invloed het. Veralgemening
van verbruikersbesluitnemingsprosesse in terme
daarvan om tradisionele besluitnemingsmodelle
te gebruik om bepaalde prosesse voor te stel, is nie
meer haalbaar nie. Die positivisme wat algemeen as perspektief vir die beskouiing van verbruikersbesluitneming beskou is (en nog steeds deur sommge beskou word) blyk nie al die moontlikhede te bied om die fenomeen te beskryf nie. Sterk steun vir die implimentering van subjektivistiese benadering en veral kwalitatiewe navorsingstegnieke in navorsing waar die verbruiker toegelaat word om gedagtes en idees spontaan te ontvou, word bepleit. In ooreenstemming met ‘n voorstel van Sheth (1981) word navorsers op die
gebied van verbruikersgedrag in die verbruikerswetenskap gemotiveer om kreatief te dink binne minder rigiede teoretiese raamwerke sodat daar deur middel van navorsingsmetodes en tegnieke wat
groter ruimte vir die ontdek van die onverwagte,
meer omtrent verbruikergedrag aan die lig kan
kom. Indien bestaande teorie van verbruikersgedrag
gekombineer word met produkspesifieke
(byvoorbeeld behuising, kleding, huishoudelike toerusting)
teorie kan nuwe insigte bekom word wat
waardevol en rigtinggewend kan wees in verbrui-



AJOL African Journals Online