Main Article Content

Parents and television advertisements as consumer socialisation agents for adolescents: An exploratory study


EJ North
T Kotzé

Abstract

Weinig navorsing oor die rol en invloed van sosialiseringsagente op die verbruikersgedrag van kinders
is tot op hede in Suid Afrika onderneem. Alhoewel
bemarkers bewus is van die potensiële koopkrag
van kinders en veral wat hul invloed op verbruikersbesluitneming in die gesin is, blyk dit dat hulle nog nie die jeugmark as 'n volwaardige mark beskou
wat navorsing regverdig nie. Die doel van hierdie
artikel is om die bevindinge van 'n empiriese ondersoek
oor die rol wat ouers en televisie-advertensies
in die verbruikersosialisering van kinders speel,
weer te gee. Die gebrek aan plaaslike navorsing op hierdie terrein het 'n uitgebreide literatuurstudie vereis wat as teoretiese fundering kon dien om die aard en prosesse van die verbruikersosialisering van kinders te
beskryf. Die primêre data vir die navorsing is verkry
deur 'n vraelysopname wat deur 226 hoërskoolleerlinge
voltooi is. Die bevindinge van die studie toon dat die ouers 'n baie belangrike sosialiseringsagent in die verbruikersopleiding van kinders is. Jong adolessente besef dat hul ouers se opinies en leiding rondom die
moontlike invloede van televisie-advertensies op
hul aankoopbesluite nie onderskat kan word nie.
Die studie onderstreep die behoefte daaraan om
meer navorsing ter plaatse in die veld te doen.
Benewens die ouers en die media, behoort navorsing
ook oor die rol wat ander sosialiseringsagente
soos die skool en verkoopspersoneel in die verbruikersopvoeding van kinders speel, onderneem te
word.

Journal Identifiers


eISSN: 0378-5254