Main Article Content
The limited partnership review. Historical and comparative perspectives on the revival of a "commercial mongrel" in the United Kingdom
Abstract
Die hervorming van beperkte vennootskappe. Historiese en vergelykende perspektiewe op die herlewing van 'n "commercial mongrel" in die Verenigde Koninkryk
Die Engelse beperkte vennootskap kan beskou word as die statutere eweknie van die Suid-Afrikaanse vennootskap en commandite, wat geresepieer is uit die Franse reg via die Romeins-Hollandse reg. Reeds voorgestel in 1838 en eventueel eers ingevoer in 1907, het die beperkte vennootskap nie die gewildheid verwerf as waarvoor sy voorstanders gehoop het nie. Tewens, dit is al beskryf as 'n "kommersiele baster" en as 'n "volslae mislukking", wat so die onderspit gedelf het teen die private maatskappy dat dit in die vergetelheid verdwyn het. Desnieteenstaande verskaf die beperkte vennootskap tans 'n baie bruikbare ondernemingsvorm in die Verenigde Koninkryk aan beleggers wat nie aktief wil deelneem aan die bestuur van hul fondse nie. Dit bied privaatheid aan die belegger aangesien die state van 'n beperkte vennootskap in die algemeen nie openbaar gemaak word nie. Soos ander vennootskappe, bied dit ook die voordeel van belastingdeursigtigheid. Op 13 September 2000 het die Law Commission of England and Wales en die Scottish Law Commission 'n omvattende gesamentlike konsultasiedokument vrygestel wat 'n omvattende hersiening van die vennootskapreg in die vooruitsig stel. Daaropvolgend het die twee Law Commissions 'n gesamentlike konsultasiedokument voltooi oor die hersiening van die Limited Partnership Act 1907. Dit is gepubliseer gedurende November 2001. In hierdie bydrae word beide regshistoriese en regsvergelykende perspektiewe verskaf op die voorstelle vervat in die tweede gesamentlike konsultasiedokument.
(Journal for Juridical Science: 2002 27(2): 1-14)