Main Article Content
Administration of criminal justice in Swaziland: crises and confusion in the 1990s
Abstract
Strafregspleging in Swaziland: krisisse en verwarring gedurende die negentigerjare
Die koninkryk van Swaziland is een van die min lande in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG), Afrika, trouens in die wereld, waar tradisionele instellings 'n baie belangrike rol in die algehele regering van die land speel. Die koninkryk, wat in 1998 dertig jaar van politieke onafhanklikheid herdenk het, het wat bestempel word as 'n "gewysigde tradisionele monargie". Die belangrikheid van tradisionele instellings oor die algemeen en die monarg in die besonder, blyk nie net uit die algemene administrasie van die land nie, maar ook uit die strafregspleging. Hierdie artikel beskryf die krisisse en verwarring wat oor die algemeen in die strafregspleging in Swaziland gedurende die negentigerjare ontstaan het en in besonder, die rol wat die Direkteur van Openbare Vervolging gespeel het - dit word aanvaar dat hy nou betrokke en kop in een mus was met tradisionele liggame en beamptes. 'n Ontleding word gedoen van hoe die behoud van tradisionele waardes en die invloed van tradisionele instellings bygedra het en deel geword het van die krisis. Daar word tot die slotsom gekom dat daar van die Direkteur van Openbare Vervolging, wat 'n amptenaar van die hof is, regtens verwag word om sy professionele bevoegdhede op 'n onafhanklike wyse uit te voer. Wanneer dit nie meer die geval is nie, kan hierdie amp 'n oorsaak van ongeregtigheid word, nie net wat die individu betref nie, maar ook vir die gemeenskap as 'n geheel.
(Journal for Juridical Science: 2002 27(2): 47-71)