Main Article Content

Reference Skills or Human-Centered Design: Towards a New Lexicographical Culture Naslaanvaardighede of mensgerigte ontwerp: Op pad na 'n nuwe leksikografiese kultuur


Sven Tarp
Rufus Gouws

Abstract

This paper deals with the design of digital lexicographical products. It introduces the philosophy of human-centered design, as explained in the work of Don Norman, and discusses central design concepts like affordances, signifiers, feedback, and other forms of good communication from lexicographer to user. The successful use of traditional dictionaries often relied on the presumed reference skills of the envisaged target user group. Especially in printed dictionaries with their space restrictions, lexicographers used condensed entries, abbreviations, and different types of structural indicators to save space. This often was to the detriment of the user who struggled to retrieve the required information from the data on offer. The digital environment has created new opportunities for lexicographers to assist their users in a far better way. Using principles of human-centered design, this paper shows the emergence of the application of some of these approaches in existing online dictionaries. Going beyond the scope of traditional online dictionaries, examples are taken from integrated e-reading dictionaries and lexicography-assisted writing assistants where even stronger user-centered design features come to the fore with regard to respectively text reception and text production assistance. Where the original concept of a dictionary culture was primarily based on the reference skills of the user, a new lexicographical culture is suggested that adheres to human-centered design principles. It places the responsibility on the shoulders of the lexicographer to design lexicographic products that enable intuitive use and ensure improved lexicographic success.


Hierdie artikel handel oor die ontwerp van digitale leksiko-grafiese produkte. Dit stel die filosofie van mensgerigte ontwerp bekend, soos uiteengesit in die werk van Don Norman, en bespreek sentrale ontwerpsbegrippe soos beskikbaarhede, aanduiders, terugvoering en ander vorme van goeie kommunikasie tussen leksikograaf en gebruiker. Die suk-sesvolle gebruik van tradisionele woordeboeke het dikwels berus op die vermeende naslaanvaar-dighede van die veronderstelde teikengebruikersgroep. Veral in gedrukte woordeboeke met hulle ruimtebeperkings het leksikograwe verdigte inskrywings, afkortings en verskillende tipes struk-tuurmerkers gebruik om ruimte te spaar. Dit was dikwels tot die nadeel van die gebruiker wat moes sukkel om die nodige inligting aan die aangebode data te onttrek. Die aanlyn omgewing het nuwe moontlikhede vir leksikograwe geskep om hulle gebruikers op 'n baie beter manier by te staan. Met behulp van beginsels van mensgerigte ontwerp, soos uiteengesit in die werk van Don Norman, bespreek hierdie artikel die inwerkingstelling van die toepassing van sommige van hier-die benaderings in bestaande aanlyn woordeboeke. Deur verder as tradisionele aanlyn woordeoeke te kyk, word voorbeelde uit geïntegreerde e-leeswoordeboeke en leksikografies ondersteunde skryfhulpe geneem waar nog sterker mensgerigte ontwerpskenmerke m.b.t onderskeidelik teks-resepsie- en teksproduksiehulp na vore tree. Waar die oorspronklike begrip van 'n woordeboekkul-tuur primêr berus het op die naslaanvaardighede van die gebruiker word 'n nuwe leksikografiese kultuur voorgestel wat op mensgerigte ontwerpsbeginsels steun. Dit plaas die verantwoordelik-heid op die skouers van die leksikograaf om leksikografiese produkte te ontwerp wat intuïtiewe gebruik moontlik maak en verbeterde leksikografiese sukses verseker.


Journal Identifiers


eISSN: 2224-0039
print ISSN: 1684-4904