Main Article Content

Tweetalige frasewoordeboek/bilingual phrase dictionary: 'n Fokus op funksies en enkele probleemareas


A Otto

Abstract

Hierdie woordeboek deur P.A. Joubert sal bespreek word aan die hand van die volgende aspekte: die volledigheid van die woordeboek, met inagneming van die teikengebruiker en die beginsels van outentisiteit en tipiesheid, die verwerking van woordeboekinligting om gebruikers se potensiële vrae te beantwoord, die mate waarin inligting vinnig opgespoor en maklik ontsluit kan word, en die formaat en redigering van die woordeboek. Daar word geargumenteer dat dié woordeboek redelik volledig is, maar weens die gebrek aan 'n sistematiese teoretiese onderbou tog enkele leemtes het. Tipiesheid word soms ingeboet deur die opname van baie formele, weinig gebruiklike of verouderde frases, wat ook nie as sodanig geëtiketteer is nie. Inligting kan oor die algemeen maklik opgespoor word, maar vollediger aanduidings in die gids tot die woordeboek oor die plasing van multileksikale lemmas sal opspoorbaarheid verder verhoog. Die formaat en redigering van die woordeboek is goed. Frasewoordeboeke vervul 'n belangrike funksie deurdat daar nie weens 'n hoë inligtingsdigtheid, soos in algemene tweetalige woordeboeke, na inligting oor frases gesoek hoef te word nie. Van 'n aktiewe frasewoordeboek sou ’n mens egter soms meer gebruiksleiding verwag in die vorm
van veral voorbeeldsinne en die konsekwente gebruik van etikette.

Sleutelwoorde: tweetalige frasewoordeboek, volledigheid, outentisiteit, tipiesheid, opspoorbaarheid, gebruikersvriendelikheid, voorbeeldsinne, etikette, redigering, multileksikale lemma, kollokasie, frase

Journal Identifiers


eISSN: 2224-0039
print ISSN: 1684-4904