Main Article Content

Die impak van kritiek op die samestelling van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT)


W Botha

Abstract

Die WAT se sensitiwiteit vir kritiek blyk duidelik uit die feit dat geeneen van die hoofpunte van kritiek ten opsigte van die eerste ag dele in die kritiek op dele IX en X herhaal word nie. Ensiklopediese behandeling van leksikale items, die ingewikkeldheid of onverstaanbaarheid van betekenisverklarings, die ondeurdagte aanwending van voorbeeldmateriaal, stadige alfabetiese vordering en die afwesigheid van volledige uitspraakleiding figureer derhalwe nie in die kritiek op dele IX en X nie. Die artikel gee 'n oorsig van die hoofpunte van kritek op dele IX en X en bespreek hoe die WAT in daaropvolgende dele op die kritiek gereageer het. In gevalle waar daar nie op geldige kritiek ag geslaan is nie, of waar die kritiek nie met praktiese voorstelle gepaardgegaan het nie, word aanpassings aan die hand gedoen. Sodoende word die wisselwerking tussen leksikografiese teorie en praktyk 'n dinamiese proses.

Sleutelwoorde: hoofpunte van kritiek, omgangstaal, volgorde van sitate, uitspraakleiding, onbereikbare verwysings, misleidende sinoniemverwysings, wisselwerking tussen leksikografiese teorie en praktyk

Journal Identifiers


eISSN: 2224-0039
print ISSN: 1684-4904