Main Article Content

Taalonderwysers as lesers van kinderliteratuur en hoe dit leerders se ingesteldheid teenoor lees kan beïnvloed


M le Cordeur

Abstract

Sedert die instelling van 'n NasionaleLeesstrategie vir Suid-Afrika (DvBO 2008b)is kommer uitgespreek oor die manier waarop kinderliteratuur in die skool gebruikword. Die gevoel bestaan dat assessering van leesbegrip domineer oor lees vir plesieren dat dit kan lei tot ‘n afname daarin om boeke vir plesier1 te lees. Op dié manierkry onafhanklike lees, wat krities belangrik is vir die kognitiewe ontwikkeling vanelke kind, nie die gewenste aandag in die moderne klaskamer nie. Maar onderwysers2is eenparig in hul kommentaar dat huidige ontwikkelingsbeleide vir onderwysers tegeneries is en nie die nodige ondersteuning aan onderwysers bied nie. Dit is veralkommerwekkend dat sommige skole nie onafhanklike lees by leerders aanmoedig nieweens die oormatige klem op prestasietoetse. Verder, onderwysers se kennis en gebruikvan kinderliteratuur is beperk vanweë ‘n gebrek aan tyd om self vir plesier te lees.Hierdie studie is onderneem teen die agtergrond dat verskeie studies oor leerders sehouding teenoor lees en hul kennis van literatuur onderneem is, maar weinig navorsinggedoen is oor taalonderwysers se kennis en gebruik van literatuur en hoe dit tot diekweek van ‘n leeskultuur kan bydra.

Trefwoorde: leeskultuur, leesvoorkeure, leesmotivering, leesvermoë, onafhanklike lees,kinderliteratuur.

Article text in Afrikaans


Journal Identifiers


eISSN: 2958-9320
print ISSN: 0259-9570