Main Article Content

Afrikataalleksikografie: Gister, vandag en môre


D.J. Prinsloo
Elsabé Taljard

Abstract

Hierdie artikel het ten doel om 'n perspektief te bied op Afrikataalleksikografie se reaksie op ontwikkelings in die internasionale leksikografiepraktyk met betrekking tot nuwe tendense en veranderinge wat hoofsaaklik deur die elektroniese era teweeg gebring word. Die ont-wikkeling van die Afrikataalleksikografie sal met dié van  hoofsaaklik Engelse papier- en elektro-niese woordeboeke vergelyk word. Drie  tydperke van leksikografiese ontwikkeling word onder-skei. Daar word   geargumenteer dat die algehele prentjie vir die ontwikkeling van Afrikataalleksi-kografie minder gunstig is as dié van Engels en tale soos Duits en Frans. Die fokus is op die beskik-baarheid van woordeboeke, leksikografiese gehalte, die gebruik van nuwe beskikbare rekenaarteg-nologieë en die gebruik van inligtingsbronne van die inligtingsera. Daar word tot die gevolgtrek-king gekom dat die leksikografiepraktyk in die Afrikatale in die meeste gevalle nie tred hou met internasionale ontwikkelings in die leksikografie nie en dat die aantal uitdagings vir dié tale toege-neem het. Ten slotte word 'n aantal stukragte geïdentifiseer wat ten goede kan meewerk om die kwaliteit van Afrikataalwoordeboeke te verbeter.

 Sleutelwoorde: Afrikataalleksikografie, Afrikataalwoordeboeke, Aan-Lyn  Woordeboeke, Gebruikersperspektief, Inligtingsera, Introspeksie, Korpus-Gebaseerde Leksikografie, Lemmaseleksie, Woordeboekkultuur

 

 

 

 


Journal Identifiers


eISSN: 2224-0039
print ISSN: 1684-4904