Main Article Content

Terminologiebestuur in Suid-Afrika. 'n Beoordeling van drie werkmetodes*


D Ferreira
T du Plessis

Abstract

Die verampteliking van elf tale in Suid-Afrika het tot gevolg dat daar 'n steeds groter wordende behoefte aan die ontwikkeling, die uitbouing en die bestuur van terminologie asook die verspreiding van terminologiese inligting in al hierdie tale bestaan. Hierdie artikel beoordeel drie terminologiese werkmetodes wat tans suksesvol gebruik word by terminologiebe-planning, terminologiekoördinering en terminologiebestuur. Deur die navorsing is daar vasgestel dat terminologiebestuur in verskillende omgewings verskillend aangepak word, deur verskillende persone geadministreer word en verskillende pro-dukte tot gevolg het. Die doelwitte met die versameling en disseminering van terminologie het dus 'n baie belangrike invloed op die werkmetode wat by terminologiebestuur binne 'n spesifieke omgewing gebruik word. Die drie werkmetodes staan bekend as die linguisties georiënteerde werkmetode, die verta-lingsgeoriënteerde werkmetode en die taalbeplanningsgeoriënteerde werkmetode. Die implikasies van die verskillende werkmetodes word binne die Suid-Afrikaanse situasie ondersoek om te bepaal watter een tans die beste opsie vir terminologieontwikkeling en terminologiebestuur in Suid-Afrika bied.

Sleutelwoorde: amptelike tale, brontaal, doeltaal, gemarginaliseerde tale, inheemse tale, linguisties georiënteerde werkmetode, meertalige kommunikasie, ontwikkelde tale, ontwikkelende tale, taalbeplanning, taalbeplanningsgeoriënteerde werkmetode, taalontwikkeling, termino-logie, terminologiebestuur, terminologieontwikkeling, terminologiewerk, vertalingsgeoriënteerde werkmetode, wêreldtaal

Journal Identifiers


eISSN: 2224-0039
print ISSN: 1684-4904