Main Article Content

Language in military service


J.H. Picard

Abstract

Vanaf sy stigting in 1912 tot vandag het doeltreffende taalgebruik in beide amptelike voertale 'n hoofrol gespeel en die rol is selfs verskans in die bepalings van Artikel137 van die Verdedigingswet 1957, soos gewysig. Hiervolgens is gelykberegtiging van die beide amptelike voertale die SAW se beleid. Die voertale in bevele, instruksies, opleiding en korrespondensie word maandeliks gewissel en alle opleidingstof en amptelike stukke word in beide tale opgestel. Die Krygstaalraad, wat 'n hoofrol gespeel het in die skepping en bevordering van Afrikaanse Krygsterminologie, het in 1954 die Weermagswoordeboek die lig laat sien en so word die SA Weermag die leier op die gebied van die Afrikaanse krygsterminologie. Hierdie leierskap is gehandhaaf en bestendig met die stigting van 'n Militêre Taaldiens in 1968. 

Oor die jare het die diens ontwikkel in die grooste taaldiens van sy soort in die land. Die diens gee spesifiek aandag aan die verbetering van Engelse en Afrikaanse taalgebruik, die opstel van talle woordeboeke, die onderrig in die twee landstale, in vreemde tale en ook moedertaalonderrig en toetsing in die Afrikatale.


Journal Identifiers


eISSN: 2224-0020
print ISSN: 1022-8136