Assesseer leesbegripstoetse werklik leesbegrip?

  • E Vos
  • C Nel
  • R van den Berg
Keywords: assessering, kognitiewe vlakke, leesbaarheidsindekse, leesbegrip, Nasionale Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring

Abstract

In hierdie artikel word die vraag gestel of leesbegripstoetse, wat volgens onderwysdepartementele voorskrifte opgestel is, werklik leesbegripsvlakke assesseer. Riglyne van die Nasionale Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (Suid- Afrika, 2011) is gebruik om twee gelyksoortige leesbegripstoetse (drie tekste elk), wat uit dieselfde tekstipes bestaan, maar handel oor verskillende temas, op te stel om Afrikaanssprekende graad 9-leerders, uit verskillende geografiese gebiede van ’n onderwysdistrik, se leesbegripsvlakke te bepaal. Die moeilikheidsgraad van die leestekste is met leesbaarheidsindekse bepaal en ’n 40-40-20%-verspreiding van kognitiewe vlakke is in die vraagstelling gevolg. Bo en behalwe die berekening van gemiddeldes, frekwensies en persentasies is die Cronbach Alphakoëffisiëntwaardes en die gemiddelde interitem-korrelasiewaardes vir elkeen van die drie tekste binne die twee tematies verskillende leesbegripstoetse vasgestel en leesbegripstoetse se vrae is volgens Bloom se kognitiewe vlakke vergelyk. Die hoofbevinding is dat leerders se leesbegripsvlakke nie akkuraat deur tipiese leesbegripstoetse geassesseer word nie, omdat hulle leesbegrippunte in ’n mindere of ’n meerdere mate op verskillende wyses gekontamineer word.

Sleutelwoorde: assessering, kognitiewe vlakke, leesbaarheidsindekse, leesbegrip, Nasionale Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring

Section
Articles

Journal Identifiers


eISSN: 0259-9570