PROMOTING ACCESS TO AFRICAN RESEARCH

Journal for Language Teaching

Log in or Register to get access to full text downloads.

Remember me or Register



DOWNLOAD FULL TEXT Open Access  DOWNLOAD FULL TEXT Subscription or Fee Access

Geldigheid vanuit drie paradigmas beskou: ’n eenheid, of ’n veelheid van perspektiewe?

T van Dyk

Abstract


Taaltoetse is hedendaags die norm aan hoëronderwysinstellings, hetsy vóór of ná toelating. Die effek van sulke toetse, of die besluite wat op basis van die resultate daarvan geneem word, kan tot in- of uitsluiting bydra. In ’n post-1994 Suid-Afrika is dit vanselfsprekend van belang dat ’n konsep soos ‘geldigheid’ deeglik ondersoek word, omdat die impak van voorafgenoemde toetse verreikend kan wees. Hierdie artikel bespreek daarom vanuit ’n filosofiese perspektief op die grondslae van die toegepaste taalkunde die begrip ‘geldigheid’ en definieer dit vanuit drie paradigmas, te wete ’n tradisionele paradigma, die hedendaagse/konvensionele siening en ’n meer aanvaarbare, verruimde,  standpunt daaroor. Die kern van die argument is dat geldigheid terselfdertyd ’n attribuut van ’n toets kan wees en as konstitutiewe begrip ontsluit kan word deur verdere (regulatiewe) idees met betrekking tot taaltoetsing. Dit word aan die hand van ’n teoretiese raamwerk gedoen wat op die konseptuele werk van Albert Weideman gebaseer is. Hierdie  raamwerk toon aan dat ’n veelheid van perspektiewe nodig is om   toegepaste linguistiese of tegniese ontwerpe (soos taaltoetse) opverantwoordbare wyse te gebruik.

Sleutelwoorde: toegepaste taalkunde, taaltoetsing, geldigheid, validering,
toetsattribuut, konstitutiewe begrippe, regulatiewe idees




http://dx.doi.org/10.4314/jlt.v47i1.7
AJOL African Journals Online